Getuienis uit die natuur

Veldblom

Welkom Blomsaad

Blomsaad

Die Heiland is gebore

BergeEk staan as mens, geskape deur intense liefde, binne hierdie Meesterlike skepping. En ek rus in die vrede dat die vertrekpunt van my lewe, Christus is, wat vir my en jou verlossing gebring het! Hierdeur het ek ewigdurende hoop ontvang! Ek het nog nie gearriveer nie.... nee......ek begin elke dag opnuut.......ek lewe voort in elke dag se genade, in elke dag se nader en intiemer wandeling met die enigste ware lewende God. Want, ''Om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.''Fil. 1:21
Liewe mens, mag jy die warm gloed van liefde ervaar, elke keer as sy Naam genoem word. Mag hierdie liefdesgloed soos strale energie uit jou vloei, en sy Koninkrykslig vir die mense om jou, helder laat skyn.

 

By die Herder

Waar berge hoog toring staan sy met haar brose blommetjievreugde, gewortel tussen ruwe bergklip en plek-plek se veldgras, en in haar winddans waai sy woorde teen my vas...''Gee my die klop van die Vader se hart, gee my die klank van sy stem. Bring my tot rus in die Vader se hand, en hou my vir altyd by Hom....''. Want dis binne hierdie hartklop, binne hierdie stemklank, binne hierdie hande, wat ek veilig voel. Veilig om beheer oor te gee. Veilig om te waag......te luister.....te sien......te voel. Want my veiligheid is in elke dag se wees, by my Herder.

''Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My,net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek le my lewe af vir die skape.......Ek le dit uit my eie af.''
Joh10:1-18
Mag jy die grootheid van hierdie aflegging opnuut besef, en met oorgawe vertoef in groen weivelde, waar daar rus is.

 

WEET!

Sonstrale lê uitgestrek in strepieswolke en oggendkleure speel n sagte oranje-pienk, tussen wolkpatrone deur. Waar wolke berge aanraak, gly die sagte kleurelig berg-af en gooi n helder kombers oor die rustige blommeveld. En so met die ligte aanraking, vertoon blomkelke hul lelie-mooi, as hul stadig begin oopgaan. En blomstingels word n regop anker wat hierdie mooi, in uitroeptekens, aan wie ookal wil sien, vertoon. En die wonder van hierdie oggendnuutheid vul my opnuut met opgewondenheid. Want elke dag....begin opnuut. Elke dag....is daar nuwe hoop. Hoop wat maar altyd binne ons leef, om met nuwe lig opnuut weer gevoel......gesien....... geweet te word. ''God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.'' Kolossense 1:21-29
Mag jy, gevul met nuwe krag, die fontein van hoop binne jou voel lewe.

 

Soos 'n arend

Doelgerig, maar met stille gemak strek die arend sy vlerke voor my uit, en met n sagte geruis in die ritmiese beweging, lig hy sy lyf die lug in. En die sagtheid van hierdie krag vul my met verwondering en laat my hart jubel, want :   ''....maar die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.'' Jes40:31
Mag jy lig loop....sodat jy kan vlieg!

 

Gereinig

Waar die son deurbreek en dennewoud aanraak, word die lug met oorvloedige geur gevul. En binne die harmonie van die woud se ritme, speel die geure klowe af en berge op, waar veldblomme die ritme hul eie maak en in uitgestrektheid na die lewegewende strale dans. En bo-op hierdie berge lê die uitsig wyd, wyd gestrek, baie naby aan....hemelse-naby. En die stilte, gevul met geur en kleur, neem my saam....en ek weet ek is opgetel.......opgelig..... om vry te wees in lewensvlug. Vasgebind en losgekoop. Los, om nooit verstrik te wees nie. Vas, om nooit gelos te word nie. Want genade, wyer as hierdie uitgestrektheid voor my, omvou my hele wese tot binne in my diepste menswees. En die wonder dat niks my kan skei van hierdie liefde nie, vul my opnuut met lewensvreugde om in geloof en vertroue die volgende tree te gee. Want op die pad, waar die Lig is, is alles wat ek nodig het. ''...en in Hom is al die verborge skatte van wysheid en kennis te vind ......Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook saam met Hom opgewek,.......Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak.'' Kolossense 2:1-15
Mag jy opnuut lag en sing en dans oor die wonder van jou vryheid.

 

Welbehae in Hom

Reëndruppels en sonlig meng, en raak saggies aan die blaremat. Erens vertel die janfrederik met oorgawe, dis n nuwe dag! En met elke tree wat ek vorentoe gee, stap ek die oggend se mooi binne. n Mooi wat my opvul met woudgroen geure, en my betower met die musiek van die woud.
Ek voel hoe n vrywees my kom oplig, en binne die veiligheid van hemelse geborgenheid, oomblik vir oomblik se oggendmooi laat beleef. n Mooi, in fyn detail aan my geskenk......ja, n geskenk....waarin ek welbehae vind! Welbehae wat veel dieper lê as die hier en nou. n Welbehae wat vrede bring, n vrede wat net van my Skepper kan kom. En hierin rus ek met oorgawe, terwyl die wind stil-saggies deur boomblare ritsel. n Saggiese ritsel wat my omvou met woorde van versekering : ''Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.'' Joh14:1-14
En dis wat ek vir jou bid.....dat jy seker sal wees.....Hy IS by jou...hier....nou...altyd.

 

Die mooi......'n lekkerte

Om op die punte van jou tone te staan, om die lekkerste lekkerte te kan bykom. Om met arms uitgestrek, die punte van jou vingers dit te sien aanraak. En dan.......beland die lekkerte in jou hande.......gly dit jou lewe binne, en word die hart se klop, n hoorbare dankie-lied. n Lied vol lof en eerbetoon aan die hemelse Vader wat jou hart ken. Lof en eerbetoon want, ten spyte van....nogtans... is daar note om op te kan sing, ritme om op te kan dans en die lewe om mee te kan saamlag! Mag oomblikke gevul met lewensritme jou verras, en so jou lewe kom inkleur met skakerings van blink harts-lekkertes! ''As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan die wat dit van Hom vra?'' Matt 7:7-12

 

Rykdom

Met n bruising wat vertel van oorvloedigheid, stroom die rivierwater tussen bergklippe deur. My oog vang die spikkelblink wat soos silwer muntstukke op die water ronddans, en die speelsheid begin binne-in my hart te dans. Die natuur se vrolikheid is aansteeklik en klee ook die kaal, leeg gebrande denneboomstamme, met n helder strepies-silwer kleed. En aan die voete van die kaal silwer stamme, skitter die blink soos sterretjieliggies in die nuwe heldergroen bloekomboompies se bewegende blare. ''Ek staan binne rykdom!'', jubel my hart. Soveel glans omring my binne hierdie oomblikke. Glans uit ons Vader se hand...... oorvloedig..... bruisend...... LEWEND! Lewend binne elke omstandigheid....in groen, nuwe groei.....en ook
in kaal gebrand wees. ''Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons n lewende hoop.....''. 1Pet1:3-9.
Ek bid dat hoop altyd n bekende warmte binne jou sal bly, binne elke omstandigheid.

 
Bladsy an

Getuienis uit die Natuur

images/resized/images/stories/natuur/natuur12_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur1_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur2_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur13_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur3_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur4_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur5_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur6_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur7_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur8_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur9_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur10_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur11_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur14_80_60.jpg
11 Apr 11 in Blomsaad

Die Heiland is gebore

Ek staan as mens, geskape deur intense liefde, binne hierdie Meesterlike skepping. En ek rus in die vrede dat die vertrekpunt van my lewe, Christus is, wat vir my en jou verlossing gebring het! Hierdeur het ek ewigdurende hoop ontvang! Ek het nog nie gearriveer nie.... nee......ek begin elke dag opnuut.......ek lewe voort in elke dag se genade, in elke dag se nader en intiemer wandeling met die enigste ware lewende God. Want, ''Om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.''Fil. 1:21
Liewe mens, mag jy die warm gloed van liefde ervaar, elke keer as sy Naam genoem word. Mag hierdie liefdesgloed soos strale energie uit jou vloei, en sy Koninkrykslig vir die mense om jou, helder laat skyn.

More:

Translate

Afrikaans Chinese (Simplified) Danish Dutch English German Icelandic Norwegian Spanish Swedish

Gewild