Getuienis uit die natuur

Veldblom

Welkom Blomsaad Welbehae in Hom

Welbehae in Hom

Reëndruppels en sonlig meng, en raak saggies aan die blaremat. Erens vertel die janfrederik met oorgawe, dis n nuwe dag! En met elke tree wat ek vorentoe gee, stap ek die oggend se mooi binne. n Mooi wat my opvul met woudgroen geure, en my betower met die musiek van die woud.
Ek voel hoe n vrywees my kom oplig, en binne die veiligheid van hemelse geborgenheid, oomblik vir oomblik se oggendmooi laat beleef. n Mooi, in fyn detail aan my geskenk......ja, n geskenk....waarin ek welbehae vind! Welbehae wat veel dieper lê as die hier en nou. n Welbehae wat vrede bring, n vrede wat net van my Skepper kan kom. En hierin rus ek met oorgawe, terwyl die wind stil-saggies deur boomblare ritsel. n Saggiese ritsel wat my omvou met woorde van versekering : ''Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.'' Joh14:1-14
En dis wat ek vir jou bid.....dat jy seker sal wees.....Hy IS by jou...hier....nou...altyd.

 

Getuienis uit die Natuur

images/resized/images/stories/natuur/natuur12_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur1_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur2_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur13_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur3_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur4_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur5_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur6_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur7_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur8_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur9_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur10_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur11_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur14_80_60.jpg
11 Apr 11 in Blomsaad

Die Heiland is gebore

Ek staan as mens, geskape deur intense liefde, binne hierdie Meesterlike skepping. En ek rus in die vrede dat die vertrekpunt van my lewe, Christus is, wat vir my en jou verlossing gebring het! Hierdeur het ek ewigdurende hoop ontvang! Ek het nog nie gearriveer nie.... nee......ek begin elke dag opnuut.......ek lewe voort in elke dag se genade, in elke dag se nader en intiemer wandeling met die enigste ware lewende God. Want, ''Om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.''Fil. 1:21
Liewe mens, mag jy die warm gloed van liefde ervaar, elke keer as sy Naam genoem word. Mag hierdie liefdesgloed soos strale energie uit jou vloei, en sy Koninkrykslig vir die mense om jou, helder laat skyn.

More:

Translate

Afrikaans Chinese (Simplified) Danish Dutch English German Icelandic Norwegian Spanish Swedish

Gewild