Doelgerig, maar met stille gemak strek die arend sy vlerke voor my uit, en met n
sagte geruis in die ritmiese beweging, lig hy sy lyf die lug in. En die sagtheid van hierdie krag vul my met verwondering en laat my hart jubel, want : ''....maar die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.'' Jes40:31
Mag jy lig loop....sodat jy kan vlieg!














