Sonstrale lê uitgestrek in strepieswolke en oggendkleure speel n sagte oranje-pienk,
tussen wolkpatrone deur. Waar wolke berge aanraak, gly die sagte kleurelig berg-af en gooi n helder kombers oor die rustige blommeveld. En so met die ligte aanraking, vertoon blomkelke hul lelie-mooi, as hul stadig begin oopgaan. En blomstingels word n regop anker wat hierdie mooi, in uitroeptekens, aan wie ookal wil sien, vertoon. En die wonder van hierdie oggendnuutheid vul my opnuut met opgewondenheid. Want elke dag....begin opnuut. Elke dag....is daar nuwe hoop. Hoop wat maar altyd binne ons leef, om met nuwe lig opnuut weer gevoel......gesien....... geweet te word. ''God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.'' Kolossense 1:21-29
Mag jy, gevul met nuwe krag, die fontein van hoop binne jou voel lewe.














