Waar berge hoog toring staan sy met haar brose blommetjievreugde, gewortel tussen ruwe bergklip en plek-plek se veldgras, en in haar winddans waai sy woorde teen my vas...''Gee my die klop van die Vader se hart, gee my die klank van sy stem. Bring my tot rus in die Vader se hand, en hou my vir altyd by Hom....''. Want dis binne hierdie hartklop, binne hierdie stemklank, binne hierdie hande, wat ek veilig voel. Veilig om beheer oor te gee. Veilig om te waag......te luister.....te sien......te voel. Want my veiligheid is in elke dag se wees, by my Herder.
''Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My,net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek le my lewe af vir die skape.......Ek le dit uit my eie af.''
Joh10:1-18
Mag jy die grootheid van hierdie aflegging opnuut besef, en met oorgawe vertoef in groen weivelde, waar daar rus is.














