Strome en strome water val oor ruwe bergrotse, en voed die rivier, terwyl bergkwikkies hul verlustig in die sproeireen. Mag jy jou verlustig in ons Heer se liefde wat elke dag oor jou sproeireen, in hierdie spesiale tyd, maar ook ELKE DAG VAN JOU LEWE. Want''Die Woord het mens geword en ONDER ONS KOM WOON. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy, as die enigste Seun, van die Vader het, vol genade en waarheid.... Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang''Joh 1:14-16. Geniet jou genade-geskenkies.














