Hi......is jy al wakker? Dis Maandag.......n nuwe week.......van toelaat dat vlinders jou maag opgewonde kielie. Van toelaat dat uitbundige lag uit jou binneste borrel, terwyl jou hande dankbaar saamvou en jy soos n kind op en af spring. Nie omdat alles reg loop nie, maar omdat: ''Here U is my lewe, U sorg vir my....''. Ps16:5-6. Onthou om ons Heer se elke-dag-se sorg, RAAK te sien. Liefde Caroline.














