Getuienis uit die natuur

Veldblom

Welkom Blomsaad Moskombersie

Moskombersie

Die groen mos vou sy sagte kombersie om die boom, en strome rivierwater vloei ritmies oor die boomwortels. Soveel vrede! Mag jy hierdie week beleef hoe jy toegevou word in vrede wanneer die Woord jou oorspoel, en jou menswees vry word om met totale oorgee-vertroue te glo, sodat jy kan voel hoe die hitte jou nie aanraak nie. ''Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel,......so iemand is soos n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het;.....'' Jer17:7-8
 

Laas Opdateer ( Maandag, 09 Maart 2009 06:08 )  

Getuienis uit die Natuur

images/resized/images/stories/natuur/natuur12_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur1_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur2_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur13_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur3_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur4_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur5_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur6_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur7_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur8_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur9_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur10_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur11_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur14_80_60.jpg
11 Apr 11 in Blomsaad

Die Heiland is gebore

Ek staan as mens, geskape deur intense liefde, binne hierdie Meesterlike skepping. En ek rus in die vrede dat die vertrekpunt van my lewe, Christus is, wat vir my en jou verlossing gebring het! Hierdeur het ek ewigdurende hoop ontvang! Ek het nog nie gearriveer nie.... nee......ek begin elke dag opnuut.......ek lewe voort in elke dag se genade, in elke dag se nader en intiemer wandeling met die enigste ware lewende God. Want, ''Om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.''Fil. 1:21
Liewe mens, mag jy die warm gloed van liefde ervaar, elke keer as sy Naam genoem word. Mag hierdie liefdesgloed soos strale energie uit jou vloei, en sy Koninkrykslig vir die mense om jou, helder laat skyn.

More:

Translate

Afrikaans Chinese (Simplified) Danish Dutch English German Icelandic Norwegian Spanish Swedish

Gewild