Die eerste kleure van die nuwe dag raak saggies aan die wolke, en oomblik vir oomblik word die lug n skouspel. n Skouspel wat my hart betower en my musieknote laat hoor, wat die hele lug vul, en uitbars in simfonie, om ons Vader te eer vir al sy handewerke! Mag jy ons Vader se grootheid hierdie week beleef en dans op die musieknote van sy liefde en versorging ''Kom kyk wat die Here gedoen het, watter ontsettende dinge Hy op aarde tot stand bring'': Ps. 46














