Getuienis uit die natuur

Veldblom

Welkom Blomsaad Aanraak oomblikke

Aanraak oomblikke

Met haar pragtig gevormde vlerke,kom speel sy aanraak-naby om my. ''Jy is pragtig!'', fluister ek saggies toe sy op die takkies gaan sit. Met oopgespreide vlerke laat sy my toe om nader te kom, en hier met die dennenaalde onder my voete en mosbedekte bome en woudplante om my, se ek dankie vir hierdie oomblikke. Want Here, hierdie weet ek, is net genade. En ek weet, U is hier. En my hart sing :''Dankie vir liefde, dankie lewenskrag, en elke mooi dag'', want dit wat ek nou voel, hierdie tevrede wees, hierdie gemoedskalmte, hierdie blydskap, weet ek is die suiwere aanraking van ware liefde. Dankie dat U my Gids is op my elke dag se pad. ''n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.'' Spreuke16:1-9. Ek bid vir jou stil oomblikke op jou pad sodat jy die aanraakoomblikke, wat spesiaal net vir jou wag, met jou hele wese sal voel. Liefde

Laas Opdateer ( Sondag, 06 Maart 2011 08:47 )  

Getuienis uit die Natuur

images/resized/images/stories/natuur/natuur12_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur1_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur2_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur13_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur3_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur4_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur5_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur6_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur7_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur8_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur9_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur10_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur11_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur14_80_60.jpg
11 Apr 11 in Blomsaad

Die Heiland is gebore

Ek staan as mens, geskape deur intense liefde, binne hierdie Meesterlike skepping. En ek rus in die vrede dat die vertrekpunt van my lewe, Christus is, wat vir my en jou verlossing gebring het! Hierdeur het ek ewigdurende hoop ontvang! Ek het nog nie gearriveer nie.... nee......ek begin elke dag opnuut.......ek lewe voort in elke dag se genade, in elke dag se nader en intiemer wandeling met die enigste ware lewende God. Want, ''Om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.''Fil. 1:21
Liewe mens, mag jy die warm gloed van liefde ervaar, elke keer as sy Naam genoem word. Mag hierdie liefdesgloed soos strale energie uit jou vloei, en sy Koninkrykslig vir die mense om jou, helder laat skyn.

More:

Translate

Afrikaans Chinese (Simplified) Danish Dutch English German Icelandic Norwegian Spanish Swedish

Gewild