Getuienis uit die natuur

Veldblom

Welkom Blomsaad Om te weerkaats

Om te weerkaats

In spieelgladde water le die weerkaatsings stil en tevrede, en vorm n perfekte spieelbeeld van hul bron. Dit vul my met verwondering en laat my dink, dis hoe dit wat binne ons is ook na buite weerkaats word. Mag jou bron vanwaar jy leef, die Christus wees wat met die Gees van God gesalf is. Want deur van hierdie bron te weerkaats is om waarlik vanuit die Heilige Gees se leiding te lewe. ''Julle is egter deur Christus gesalf met die Heilige Gees, en julle ken die waarheid.....As wat julle van die begin af gehoor het, in julle bly, sal julle ook in die Seun en in die Vader bly.'' 1Joh2:18-27.
Liefde

 

Getuienis uit die Natuur

images/resized/images/stories/natuur/natuur12_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur1_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur2_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur13_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur3_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur4_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur5_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur6_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur7_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur8_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur9_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur10_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur11_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur14_80_60.jpg
11 Apr 11 in Blomsaad

Die Heiland is gebore

Ek staan as mens, geskape deur intense liefde, binne hierdie Meesterlike skepping. En ek rus in die vrede dat die vertrekpunt van my lewe, Christus is, wat vir my en jou verlossing gebring het! Hierdeur het ek ewigdurende hoop ontvang! Ek het nog nie gearriveer nie.... nee......ek begin elke dag opnuut.......ek lewe voort in elke dag se genade, in elke dag se nader en intiemer wandeling met die enigste ware lewende God. Want, ''Om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.''Fil. 1:21
Liewe mens, mag jy die warm gloed van liefde ervaar, elke keer as sy Naam genoem word. Mag hierdie liefdesgloed soos strale energie uit jou vloei, en sy Koninkrykslig vir die mense om jou, helder laat skyn.

More:

Translate

Afrikaans Chinese (Simplified) Danish Dutch English German Icelandic Norwegian Spanish Swedish

Gewild