Getuienis uit die natuur

Veldblom

Welkom Blomsaad Skatte

Skatte

Die oggendhemel se kleurespel maak my opgewonde en ek lees : ''Enigiets anders wat vir die tempel van jou God nodig mag wees, en wat jy moet voorsien, mag jy uit die koninklike skatkis vat.'' Esra7, Koning Artasasta se woorde aan Esra. En terwyl ek om my, bo my, voor my kyk, besef ek weer met oorvol opgewondenheid hoe elkeen van ons ook genooi word om uit die skatkis te kom vat. Uit die skatkis van ons hemelse Vader!! En die skatte is LIEFDE, VREUGDE, VREDE, GELOOF, RUS, DANKBAARHEID, NEDERIGHEID, HOOP, VRIENDELIKHEID, VERGEWENSGESINDHEID, VERSORGING,...,....,....,....,.... n Eindelose Skatkis waar elkeen kan vat soos nodig is, vir elke dag se pad. Skatte wat met elke keer se gebruik, aan jou kom vasgroei en waarsonder jy dan nie die lewenstree wil stap nie. Ek bid vir jou n hart vol ewigheidsskatte. Liefde

 

Getuienis uit die Natuur

images/resized/images/stories/natuur/natuur12_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur1_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur2_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur13_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur3_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur4_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur5_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur6_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur7_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur8_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur9_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur10_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur11_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur14_80_60.jpg
11 Apr 11 in Blomsaad

Die Heiland is gebore

Ek staan as mens, geskape deur intense liefde, binne hierdie Meesterlike skepping. En ek rus in die vrede dat die vertrekpunt van my lewe, Christus is, wat vir my en jou verlossing gebring het! Hierdeur het ek ewigdurende hoop ontvang! Ek het nog nie gearriveer nie.... nee......ek begin elke dag opnuut.......ek lewe voort in elke dag se genade, in elke dag se nader en intiemer wandeling met die enigste ware lewende God. Want, ''Om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.''Fil. 1:21
Liewe mens, mag jy die warm gloed van liefde ervaar, elke keer as sy Naam genoem word. Mag hierdie liefdesgloed soos strale energie uit jou vloei, en sy Koninkrykslig vir die mense om jou, helder laat skyn.

More:

Translate

Afrikaans Chinese (Simplified) Danish Dutch English German Icelandic Norwegian Spanish Swedish

Gewild