In sagte lig, vou die dag se geskenke oop. Die wind bied sy oggendlied, en die natuur dans in die oormaat.
In my oor klink die lirieke : ''Waa-aai deur my, waa-aai deur my. O Heilige Gees, kom waai deur my......ek stel my nou oop, laat my oorloop....''. Dit bid ek vir jou! Dat jy sal oorloop! Omdat jy nie anders kan nie.......nie anders wil nie.
''Mag God, die bron van hoop julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!''Rom 15:13














