Wanneer die voeltjies jou vroegoggend buitentoe roep en die wind jou wang saggies streel.
Wanneer die eerste ligstrale op jou vel rondspeel en jou hare inkleur met spikkels goud.....Dis dan wanneer lewe jou hart kielie en jou voete ritme gee. Dis dan wanneer tyd gaan stilstaan, sodat oomblik vir oomblik ingedrink kan word. En dan........wanneer sonlig stukkie vir stukkie plek maak vir toevou-wolke en reëndruppels saggies in jou hare blink, dan weet jy, jy word so mildelik geseën! En in hierdie seën, is die dans n loflied, n eerbetoning, want : ''Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy. Waarlik, wie anders as die Here is God?....God omgord my met krag;.....Hy maak my voete soos die van n ribbok....'' 2Samuel 22
Mag jy ligvoet loop vandag!














