n Pad.........met n draai. Berge in hul geel, blou en groen, wat uitnooi........ hoog.......op en op. 
Wolke wat veersag sweef teen hemelse blou.
En die radio speel : ''When did you last let your heart decide?''.
En die draai na weet nie waar en die hoog na ribbokveilig loop, en die sweef na vry soos n kind, laat my saamsing.
Want onbekend, wag vir die hart se keuse. En binne veilige arms gekoester, is die hart n gewillige ontvanger.
''Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.'' Joh10. Mag jy dit met jou HELE hart glo!














