Lelie-mooi.......vry, maar geanker tussen denneboom en varingplant
. Langs paadjies waar elke dag se spore lankal nie meer le nie. Paadjies waar vlinders die rigting aanwys en n bosbokkie se rooibruin jou beweging laat stol. Waar natuurlike bos nog vol bewaarde geheime lê en die liggiese blareroer, bosmusiek maak vir n vredesdans. n Dans van vrede te midde van wêreldse onrus. n Binne-vrede, n binne-vreugde, wat net deur die allergrootste genade die hart kom vol lê. En so word die mensehart geseën. ''Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry.''1Pet3:9. Mag jy vry dans in die vrede van binne-vreugde.














