Wolke, wat speelse patrone vorm teen helderblou lug. Bosveldbome, wat somergroen staan,
afgeëts teen die helder agtergrond. En saam vorm wolke en bome n vredesprentjie, so oop en bloot op die koel water ...................n dubbele prentjie.
En so maak ek ook elke dag n dubbele prentjie, want dit wat in my hart is, kom lê ook buite my rond.....oral waar ek gaan en oral waar ek aanraak. En daarom word my gebed dan n stilword en luister.............n belydenis, sodat die volword my kan vrymaak, want : ''Die woord van God is lewend en kragtig.....Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.''Heb4:12+13
Mag jy hierdie week die mooi van
vredesprentjies, oral om jou beleef.














