Getuienis uit die natuur

Veldblom

Welkom Blomsaad Geborge

Geborge

Glansend dans strale vol helder lig, oor wintergras-bedekte berge. Soos in n wegkruipertjie speletjie, baljaar ligweerkaatsings tussen die liggiese beweging van die geelbruin gras, en my hart baljaar saam. Want die stralende weerkaatsings vertel van skoon wees, van vry wees......vry wees in die wind.....
Vry in die wind van genade. Genade wat oplig en my en jou in engelvlerke koester op die pad van liefde. n Liefdespad wat kristalhelder blink van ewigheids-skatte. Skatte waarvan die waarde nooit afneem nie. Skatte wat die hart vul met n rykdom, groter as die aardse lewe. Want : ''Ons lewe deur die Gees, laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. ''Galasiers 5:25''
Mag jy beleef hoe jy opgelig word......lig van aards- gebondenheid, maar vol van hemels- geborgenheid.

 

Getuienis uit die Natuur

images/resized/images/stories/natuur/natuur12_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur1_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur2_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur13_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur3_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur4_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur5_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur6_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur7_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur8_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur9_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur10_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur11_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur14_80_60.jpg
11 Apr 11 in Blomsaad

Die Heiland is gebore

Ek staan as mens, geskape deur intense liefde, binne hierdie Meesterlike skepping. En ek rus in die vrede dat die vertrekpunt van my lewe, Christus is, wat vir my en jou verlossing gebring het! Hierdeur het ek ewigdurende hoop ontvang! Ek het nog nie gearriveer nie.... nee......ek begin elke dag opnuut.......ek lewe voort in elke dag se genade, in elke dag se nader en intiemer wandeling met die enigste ware lewende God. Want, ''Om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.''Fil. 1:21
Liewe mens, mag jy die warm gloed van liefde ervaar, elke keer as sy Naam genoem word. Mag hierdie liefdesgloed soos strale energie uit jou vloei, en sy Koninkrykslig vir die mense om jou, helder laat skyn.

More:

Translate

Afrikaans Chinese (Simplified) Danish Dutch English German Icelandic Norwegian Spanish Swedish

Gewild