Om op die punte van jou tone te staan, om die lekkerste lekkerte te kan bykom.
Om met arms uitgestrek, die punte van jou vingers dit te sien aanraak. En dan.......beland die lekkerte in jou hande.......gly dit jou lewe binne, en word die hart se klop, n hoorbare dankie-lied. n Lied vol lof en eerbetoon aan die hemelse Vader wat jou hart ken. Lof en eerbetoon want, ten spyte van....nogtans... is daar note om op te kan sing, ritme om op te kan dans en die lewe om mee te kan saamlag! Mag oomblikke gevul met lewensritme jou verras, en so jou lewe kom inkleur met skakerings van blink harts-lekkertes! ''As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan die wat dit van Hom vra?'' Matt 7:7-12














