...en toe is ons gister Baberton toe, want daar is vir die week 'n groot paragliding kompetisie daar. Sjoe, en was dit nou lekker. Ek kon sommer voel hoe dit dit moet voel Ek het solank my briefie aan Kersvader geskryf vir so 'n rit. Dit kan sommer maar Kersfees en volgende jaar se verjaardag insluit. Dit is iets wat ek nog altyd wou doen en het na gister besluit dit is 'n wens wat beslis gaan gebeur.
Dit is interessant hoe die kompetisie werk. Hulle kry "way points" en moet dan vlieg volgens die waypoints. Hulle word dan beoordeel deurdat daar gekyk word of hulle by al die waypoints kon uitkom. Dit is regtig nie so maklik nie, want die wind is regtig so onvoorspelbaar.Daar is 'n paar van hulle wat geland het, sy of haar goed baie vinnig bymekaar gekry het, en dan weer op die bussie geklim het om te gaan vlieg, omdat hulle nie die eerste keer by al die waypoints kon uitkom nie.
Met die terugry huistoe het ons natuurlik 'n ompad geneem. Dis heerlik hierdie ompaaie!!!
Liefde
Caroline