Getuienis uit die natuur

Veldblom

Welkom Dagboek Roeringe uit die riete

Roeringe uit die riete

Liewe Vriend/Vriendin

Dansend berei ons voor vir die viering van Paasfees vir  eerskomende Sondagaand.


“God van krag, U stem kom skeur die hemel...U woorde vernietig elke twyfel en vrees ...en ek sal sing, al huil die stormwinde, want ’n ewige vlam van hoop brand diep in my...”

 

“Meer as wat ek kan dink of kan droom, kan U waar maak in my lewe ...”.   En ja, meer as wat enigiemand kon dink of droom het U kom waar maak in ons lewens. U Seun, ‘n Koningskind, is gebore in ‘n stal. Hy het onder mense kom woon en liefde kom gee, soos geen ander liefde ooit.

 

“U liefde kleur die blou-blou helder hemel. Ek sien die kruis, ek volg die spoor na Golgota...ek sien die kroon, die dorings wat u dra....Wat is die mens dat U oor hom sou glimlag…….” dans ons voort, terwyl die refrein in my kop herhaal. Wat is die mens? En die antwoord : Psalm 8 “U het hom net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon, U laat hom heers oor die werk van U hande,…..”. En ek dink………..wat ‘n groot, groot verantwoordelikheid. ‘n Verantwoordelikheid wat ek as mens, nederig en net binne U wil, wil dra.

 

Ek roep saam met die Psalmdigter uit: “Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!”. U wat gesterf het, U wat opgestaan het sodat ons, U kinders, ewig mag lewe.

 

Kom vier dit saam met ons op 16 Maart vanaf 18:15!!

 


 
Laas Opdateer ( Maandag, 18 Mei 2009 10:42 )  

Translate

Afrikaans Chinese (Simplified) Danish Dutch English German Icelandic Norwegian Spanish Swedish

Gewild