Goeie more
Sjoe, en hoe mooi!!! Die paadjie loop op die grootpad(grondpad) en draai dan af, rivierlangs, tot jy jou die volgende oomblik tussen dennebome bevind en die dennegeur so om jou hang. Dan lei die voetspoortjies teen die bome jou weer die groenste woud binne, tot waar die feetjies woon. Die paadjie kronkel dan verder met "trappies" af oor houtbruggies tot jy jou weer tussen dennebome bevind, en die volgende oomblik die waterval in die verte voor jou sien.
Dit was regtig 'n heerlike rustige Sondagmiddag stap, so na middagete.
Ek wens vir jou 'n dag vol sagtheid.
Soortgelyk: