Getuienis uit die natuur

Veldblom

Welkom Dagboek ... en toe kamp ons

... en toe kamp ons

Ons het toe vir 5 dae en 4 nagte saam met die seuns gaan kamp op die lagoon by Morgan Bay. En wat 'n groot voorreg om so saam te kon wees en die seuns saam te kon sien kuier. Hulle is nou op ouderdomme waar hulle baie beter met mekaar oor die weg kom en regtig lekker kan saamkuier. Dis asof hulle aldrie al   geleer het om maar ruimte toe te laat vir mekaar se tekortkominge. Dit gebeur nie altyd nie, maar deesdae meeste van die tyd.



Die staproete:
Die roete is soontoe en terug 15 kilometer en dit het ons sewe ure geneem. Dit sluit nou baie stop en kyk, middagete en die swem in. Dus 'n heerlike rustig  ontdekkingstog gewees.

Cathedral Rock:
Ek glo jy het die voorafgaande foto's gekry van ons kombinasie-vakansie.


Nadat ons saam met die seuns gaan kamp het, is ons terug na Danie se broer-hulle op Umtata waar hulle 'n gastehuis bestuur. Ons het die voorreg gehad om vir 'n week daar by hulle te kon kuier en die kuier wat Desember 2007 sou plaasvind toe Marno siek geword het, toe Desember 2008 te kon geniet. Ons het hulle dus baie, baie lanklaas gesien en Johan(Danie se broer) het elke week vir Danie gebel om te hoor of ons nog kom.
 
Ons sal ewig dankbaar bly vir hierdie twee weke in Desember, wat soos vier weke se vakansie gevoel het!! Dankbaar vir die werk wat Danie uit genade ontvang het, met die voordele daarmee saam, want sonder die voertuig en diesel sou ons nie hierdie belewenisse kon hê nie. 

Laas Opdateer ( Donderdag, 30 April 2009 10:21 )  

Translate

Afrikaans Chinese (Simplified) Danish Dutch English German Icelandic Norwegian Spanish Swedish

Gewild